Eienaam

'n Eienaam is die naam van 'n persoon of plek, soos Daniël of Gauteng. Eiename is spesifieke naamwoorde wat altyd met 'n hoofletter geskryf word en gebruik word om iemand of iets unieks te identifiseer.

Eiename onderskei hulle van selfstandige naamwoorde (spesifiek soortname) deurdat hulle:

  • na enkele, unieke sake verwys;
  • gewoonlik nie met die onbepaalde lidwoord ('n) gebruik kan word nie;
  • gewoonlik nie in die meervoud gebruik kan word nie; en
  • gewoonlik nie deur 'n byvoeglike naamwoord bepaal kan word nie.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search